Welkom by Blyfontein Kwekery

Ons het n wye keuse van pragtige, geharde inheemse bome en plante

Blyfontein kwekery het ontstaan uit Dirk en Elza Marais se stokperdjie naamlik die kweek van plante. Aanvanklik is die plante uitgedeel aan almal wat belang gestel het.Vanaf 1981 het dit geleidelik in ‘n kwekery ontwikkel.

Gedurende 2004 is die kwekery vanaf Dirk se plot na die perseel van die Bafana winkel op Lynnwoodweg verlenging(Grahamweg) verskuif. Dirk het in September 2008 ‘n vennoot naamlik Pine Papenfus gekry en die kwekery verskuif na Pine se grond ongeveer een kilometer verder oos op Lynnwood verlenging.

Blyfontein kwekery besik oor ‘n groot verskeidenheid plante. Dit staan as ‘n inheemse kwekery bekend en ‘n plantliefhebber kan verseker wees dat hier bome en struike gevind kan word wat nie baie vrylik beskikbaar is nie. 

Daar kan egter ook uitheemse plante gevind word wat aangeplant kan word in kouer dele aangesien baie inheemse plante nie in erge koue kan groei nie.

‘n Groot verskeidenheid aalwyne is ook beskikbaar. Blyfontein Kwekery probeer om altyd die boom van die jaar aan sy klante te bied.

‘n Groot deel van die inheemse plante word op die perseel gekweek wat sorg dat die pryse sakpas bly.

Blyfontein het intussen ‘n topskwekery geword en kan beskermde plante soos broodbome verkoop.

Doen gerus by Pine en Anna navraag in verband met bekikbaarheid van plante of kontak ons per e pos.